BELVILLE - Die Openbare Beskermer het bevind dat die nasionale ondersteuningstelsel vir slagoffers van geslagsgeweld, ernstig tekort skiet.
Advokaat Kholeka Gcaleka het onmiddellike remediërende optrede deur die polisiediens en die departemente van justisie en maatskaplike ontwikkeling aanbeveel.
Die ondersoek is van stapel gestuur nadat Altecia Kortje en haar jong dogter in 2020 deur haar ekskêrel vermoor is.
Kortje is van bakboord na stuurboord gestuur toe sy probeer het om 'n beskermingsbevel te kry.