DStv Channel 403 Wednesday, 27 November 2024

Vermeende motorfiets-moordenaar verskyn met Bybel in hof

HEIDELBERG_17_PM

HEIDELBERG, GAUTENG - Die saak teen 'n verdagte wat van moord en poging tot moord op twee gesiene inwoners van Heidelberg in Gauteng aangekla word, is weer uitgestel.

Die 29-jarige Jaen Lee Pyne het vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn.

Hy het homself aan die polisie oorgegee nadat hy glo op 3 Julie vir Etienne du Preez en Flip Minnaar geskiet het.

Net Minnaar het die aanval oorleef.

Paid Content