SLAGOFFERS_11_PM
Familielede van slagoffers wat in 2016 in die Life Esidimeni-tragedie gesterf het, het gemengde gevoelens oor die uitspraak in die geregtelike doodsondersoek.
Regter Mmonoa Teffo het bevind dat twee voormalige senior amptenare, Qedani Mahlangu en dr. Makgabo Manamela, se nalatige optrede tot die dood van sommige van die meer as 140 slagoffers gelei het.
Sy het egter ook bevind dat niemand vir die meerderheid pasiënte se dood aanspreeklik gehou kan word nie.
Een rede daarvoor is omdat daar nie nadoodse ondersoeke op al die oorledenes gedoen is nie.