Die vraag “Wie Word ‘n Miljoenêr?” is Woensdag op kykNET beantwoord, want Herman Bosman is ’n miljoenêr!
Duisende kykers was vasgenael voor die kassie toe die 47-jarige Bosman die heel eerste deelnemer word om met die boerpot weg te stap .
Bosman, ‘n kerningenieur van die Wes-Kaapse tuinroete, sê dié geld gaan geploeg word in die blommeplaas wat hy saam met sy lewensmaat, Anthony Rau, bedryf.
Bosman kon die miljoen-rand-vraag beantwoord danksy ‘n oproep na sy 75-jarige ma, Vida.