PRETORIA - Die man en vrou wat van die moord op die oud-hoogspringer Jacques Freitag aangekla word, het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn.
Die 52-jarige Rudie Lubbe en 42-jarige Shantellè Oosthuizen is Dinsdag in Sabie in Mpumalanga in hegtenis geneem.
Hulle is na Gauteng gebring vir hul verskyning in die Pretoria-landdroshof.