Nuwe Tuks-visekanselier: "NSFAS-begunstigdes moet ná studies terugploeg"

PRETORIA - Die Universiteit van Pretoria se veertiende visekanselier wil tydens sy termyn verseker dié instelling se kennis strek verder as die ivoortorings.

Professor Francis Petersen is Vrydag amptelik in sy nuwe posisie ingehuldig.

Hy was tot verlede jaar die visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat.

Petersen het 'n doktorsgraad in ingenieurswese en was vroeër jare betrokke by Anglo American en die WNNR.

Hy het daarna leiersposisies by verskeie universiteite beklee en het in Oktober verlede jaar Bloemfontein vir Pretoria verruil.

You May Also Like