CENTURION - Kunsmatige intelligensie is hier om te bly. Daarom het die Laerskool Wierdapark besluit om leerlinge nou al op 'n verantwoordelike manier met dié tegnologie te bemagtig.
Die Wieries gaan 'n spesiale vak oor KI aanbied, wat as Etiese Slimkoppe bekend sal staan.
Hulle is sover bekend die eerste laerskool in Suid-Afrika wat die tegnologie formeel by hul kurrikulum insluit.