WESTBURY - Die gemeenskap van Westbury in Johannesburg pleit vir verskerpte polisiëring om bendegeweld in hul woonbuurt die hoof te bied.
Hulle eis dat die polisie met planne vorendag kom om die gemeenskap te beveilig en verdere bloedvergieting te vermy.