Wes-Kaapse vrou beweer SAPD skiet haar lewensmaat dood
ATLANTIS, WES-KAAP - 'n Vrou van Atlantis in die Wes-Kaap pleit by die owerhede vir geregtigheid nadat die pa van haar 18-maande oue seun vermoedelik deur wetstoepassers doodgeskiet is.
Die 38-jarige Allen Hendricks is doodgeskiet toe die polisie se teenbende-eenheid 'n klopjag op 'n huis in Beacon Hill uitgevoer het.