Wes-Kaap vereer uitnemendheid in die polisiediens
Kaapstad, Wes-Kaap - Die Wes-Kaapse polisiebestuur sê die polisie in die provinsie het op meer as 1 200 onwettige vuurwapens in die vorige finansiële jaar beslag gelê.
Senior beamptes van die polisiediens het verdienstelike lede by die Wes-Kaapse uitnemendheids-toekenningsgeleentheid vereer.
Van die kategorieë waarin beamptes vereer is, sluit in sigbare polisiëringslid, speurder én reservis van die jaar.