DStv Channel 403 Wednesday, 25 September 2024

Wes-Kaap deel beurtkraghulpmiddels uit aan weerloses

Atlantis - Misdadigers slaan munt uit die land se voortslepende kragkrisis en vir baie Suid-Afrikaners wat noustrop trek, raak dit boonop al hoe moeliker om selfs kerse te koop om die donker weg te hou.

Die Wes-Kaapse regering het beurtkraghulppakkette aan die mees kwesbares, insluitend ’n plek van veiligheid vir slagoffers van geslagsgeweld, uitgedeel.

Dit terwyl die veldtog vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders bewustheid skep oor die plaag van geslagsgeweld.

Paid Content