DStv Channel 403 Wednesday, 02 October 2024

Werksoekers in Kaapstad kry ‘n hupstoot

KAAPSTAD - 'n Uitnodiging na 'n werksonderhoud kan baie opwindend wees, veral as jy al vir maande of selfs jare lank werkloos is.

Maar talle Suid-Afrikaners kan nie eers by sulke onderhoude uitkom nie, omdat vervoer eenvoudig te duur is.

Die Wes-Kaapse regering het nou 'n inisiatief bekendgestel om dié probleem te probeer oplos.

Danksy ‘n vennootskap met die busmaatskappy Golden Arrow kan werksoekers in dié provinsie tot 12 keer gratis na hul onderhoude vervoer word.

Paid Content