DStv Channel 403 Friday, 15 November 2024

Waterkrisis duur voort in dele van Johannesburg

JOHANNESBURG - Die Johannesburg-metro sê watertoevoer is besig om te herstel, maar dit kan nog dae duur voor inwoners water in hulle krane sien.

Groot dele van die stad gaan sedert Maandag gebuk onder 'n watertekort.

Dit volg ná twee kragonderbrekings by die Eikenhof-pompstasie verlede naweek.

Die Rahima Moosa-, Helen Joseph en Dr. Yusuf Dadoo-hospitale, sowel as die Zola-kliniek is hierdeur geraak.

Die metro het Vrydag bevestig die watertoevoer na meeste van die geriewe is intussen herstel.

Paid Content