KEMPTON PARTK EN BENONI - Inwoners van Ekurhuleni in Gauteng is raadop oor vullis wat in die metro ophoop en sê die situasie hou 'n gesondheidsgevaar in.
In sommige gebiede is die vullis drie weke laas verwyder.
Die metroraad sê die krisis is een van die herverkieste burgemeester, Tania Campbell, se prioriteite.
Die metro se hoof vir vullisverwydering, Faith Wotshela, is op spesiale verlof geplaas en 'n taakspan is saamgestel om die probleem op te los.