Die wêreldbekende Comrades-marathon het in 1921 vir die eerste keer plaasgevind.
Destyds kon slegs wit mans deelneem.
Twee jaar later, het 'n vrou, Frances Hayward, haar opwagting gemaak en die wedloop nie-amptelik voltooi.
In die afgelope eeu het duisende vroue reeds in haar voetspore gevolg.
eNuus het op die vooraand van dié uithouresies met ’n paar vroue atlete oor hul ervaring van die Comrades gesels.