Pretoria, Gauteng - Oplettende Pretorianers sou moontlik gesien het dat die Voortrekkermonument die laaste paar aande in rooi gehul is.
Hierdeur word hulle veldtog genaamd "Gee Ons Krag" belig.
Swak dienslewering, kabeldiefstal en kragonderbrekings is besig om die monument se voortbestaan te kelder.
Die monument kry al meer as 'n dekade lank nie staatsbefondsing nie, al het die departement van sport, kuns en kultuur in die huidige boekjaar sowat R2,8 miljard beskikbaar gestel vir erfenisbevordering en -bewaring.
Maar die bestuur sê hulle sal alles in die stryd werp vir die baken se behoud.