PAARL - Inwoners van die Kaapse Skiereiland en die Wynland word erg geraak deur oorstromings en modderstortings wat deur swaar reën veroorsaak is.
Sommige skole moes sluit, sinkhuise is vernietig en die kragtoevoer is op plekke afgesny.
Die Hugenote-tonnel vanaf Worcester na Kaapstad is ook gesluit.
Owerhede waarsku dat inwoners versigtig moet wees en veral seker moet maak dat kinders nie in die water en strome speel nie.