RAYTON - Snuffelhonde kan nou veilig opgelei word om gevaarlike middels soos fentaniel op te spoor.
Dít danksy deurbraaknavorsing deur die Braveheart Bio-Dog Academy.
Die akademie is een van Suid-Afrika se grootste private opleidingsentrums vir werkende honde.
Hulle beskryf dit as baanbrekerswerk, omdat sintetiese verdowingsmiddels 'n al groter bedreiging vir Suid-Afrika inhou.