KAAPSTAD - Slagoffers van brande in drie informele nedersettings in Kaapstad probeer steeds die stukke van hul lewens optel.
Inwoners van Mfuleni, Du Noon en Langa se wonings is oor Paasnaweek deur vlamme verswelg.
Nou het die Stad Kaapstad se rampbestuur en ander noodlenigingsorganisasies ingespring om 'n hand by te sit.
Net meer as 700 mense is dakloos gelaat.