Vermeende "motorfiets-moordenaar" nóg 'n keer gearresteer
Heidelberg, Gauteng - 'n Dubbele moordbeskuldigde van Heidelberg in Gauteng is op nóg aanklagte in hegtenis geneem.
Jáen-Lee Pyne het weer in die landdroshof op die dorp verskyn.
Daar is tans drie afsonderlike sake teen hom, wat aanklagte van moord, poging tot moord en aanranding insluit.