JoOHANNESBURG - Baie Suid-Afrikaners het al met 'n koue bier keel natgemaak, maar dié drankie gaan nou ook op 'n innoverende manier gebruik word om duisende mense se honger te stil.
Castle Lager het hul Bread of the Nation-inisiatief bekendgestel.
Die projek behels die gebruik van neweprodukte van die bierbrouproses om brood te bak.
Die brouery werk met die voedselhulporganisasie SA Harvest saam om die brode te versprei.