KAAPSTAD - Polisieteenwoordigheid in Bishop Lavis is aansienlik opgeskerp na nóg 'n bendeverwante massaskietery in dié woonbuurt.
Dit is die tweede dodelike skietery vandeesweek in die Wes-Kaap.
Die jongste voorval het die lewens van 7 mense geëis.
Vyf mense het Woensdag in Atlantis op die Weskus omgekom nadat gewapende mans op hulle losgebrand het.