KAAPSTAD - Die DA word van skynheiligheid beskuldig, nadat beweerde rassistiese optrede deur twee van hul splinternuwe LP's onlangs aan die lig gekom het.
In die jongste voorval doen 'n video die rondte van Ian Cameron met 'n swart gesigverf, oftewel blackface, by 'n betoging wat in 2012 deur AfriForum gehou is.
Hoewel die aanvanklike optrede in albei gevalle meer as 'n dekade gelede gebeur het, sê die party se kritici rassisme is in die DA gewortel.