'n Baanbreker, 'n mentor en 'n fakkeldraer vir Afrikaans op televisie.
So is die veteraan TV-regisseur en vervaardiger Danie Odendaal gehuldig.
Hy is Woensdagaand op 77-jarige ouderdom in Langebaan in die Wes-Kaap oorlede.
Sy gesondheid het die laaste paar jaar agteruit gegaan nadat hy in 2019 'n beroerte gehad het.
Odendaal was die skepper van die gewilde sepie 7de Laan.
Voor dit was hy ook onder meer hoofskrywer by die sepie Egoli, en regisseur van televisiereekse soos Saartjie en die minireeks Veldslag.
Hy word oorleef deur sy vrou en medevervaardiger, Annie Basson.