DStv Channel 403 Sunday, 29 September 2024

Touwsrivier blaas 118 kersies uit vir een van SA se oudste burgers

TOUWSRIVIER - 118. Dis hoeveel keer daar Vrydag "Hier-hiep-Hoera" gesê is by die AGS-ouetehuis in Touwsrivier in die Wes-Kaap, want een van die inwoners het haar 118de verjaarsdag gevier.

Margaret Maritz is gebore op 27 September 1906.

Sy het dus twee Wêreldoorloë en twee pandemies aanskou, maar darem ook vier Springbok-oorwinnings in die Rugby-Wêreldbeker.

Om haar spesiale dag te vier, het Gift of the Givers en Shoprite ingespring om 'n partytjie te hou vir Maritz én haar mede-inwoners by die ouetehuis, waar dit soms maar broekskeur gaan.

Paid Content