DStv Channel 403 Tuesday, 24 September 2024

Sussie steeds soek, meer as 'n week ná heldedaad

VANDERBIJLPARK - 'n Dapper hond wat haar 18-jarige eienaar teen gewapende rowers beskerm het, is nou reeds meer as 'n week lank soek.

Sussie, 'n langhaar-Jack Russell, het verlede Maandag verdwyn nadat sy drie rowers in die SW2-woonbuurt in Vanderbijlpark bestorm het.

Sy is 'n paar dae later deur die buurtwag gesien, maar het verskrik weggehardloop.

Enigiemand met inligting, word gevra om die diere-organisasie Vaalpets te kontak.

Paid Content