CATHCART - 'n Stormsterk wind het die afgelope ruk verwoesting in groot dele van die Oos-Kaap gesaai.
Dit het tot rampspoedige veldbrande gelei waarin honderde stuks vee dood en duisende hektaar weiveld vernietig is.
Bedrywighede in Oos-Londen se hawe moes ook tydelik opgeskort word weens die onstuimige toestande.