KAAPSTAD - Die vrylating van die sogenaamde stasiemoordenaar, Norman Afzal Simons, op parool ontlok steeds wye reaksie.
Freddie Engelbrecht is in 1996 aangestel as die bevelvoerder by die Pollsmoor-gevangenis, 'n pos wat hy vir amper sewe jaar beklee het.
Hy is ook 'n voormalige adjunk-streekskommissaris van korrektiewe dienste.
Engelbrecht het gereeld met Simons te doen gehad.