Standbeelde op Kerkplein moontlik eersdaags verskuif ná vandale wéér toeslaan
PRETORIA, GAUTENG - Die FAK wil die beelde van die Boerekrygers op Kerkplein in Pretoria na die Voortrekkermonument verskuif.
Dit nadat die vier bronsbeelde weer onlangs gevandaliseer is.
Die beeldegroep hou al sedert 1954 aan die voet van Paul Kruger se standbeeld wag.
Sedert 2015 het die beelde al verskeie kere onder vandale deurgeloop.