KAAPSTAD - Dis weer dié tyd van die jaar wat Kaapstad 'n groot geskenk aan Suid-Afrika se ekonomie gee.
Verlede jaar het toerisme na een van die mooiste stede ter wêreld sowat R27-miljard tot die plaaslike ekonomie bygedra.
Daar word vanjaar gemik om dit te oortref.
Met wêreldklas restaurante, wynplase en ’n skilderagtige kuslyn, is die Moederstad 'n uitstekende bestemming vir plaaslike en buitelandse toeriste.