JOHANNESBURG - Inwoners van Coronationville en Westbury in Johannesburg is warm onder die kraag nadat die Stad versuim het om hul belofte na te kom om die watertoevoer in die gebied te herstel.
Hierdie gemeenskappe gaan al vir jare gebuk onder swak dienslewering.
Baie inwoners sê hulle is dikwels weke lank sonder water of het slegs vir 'n uur per dag water in hul krane.