PRETORIA - Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, sê Suid-Afrikaners se veerkragtigheid en hardwerkendheid het hulle geïnspireer om die Rugby-Wêreldbekertoernooi vir 'n rekord vierde keer te wen.
Die span se oorwinningstoer het Donderdag in Gauteng begin.
Eugenie Gregan het hulle saam met leerlinge van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria ingewag.