DStv Channel 403 Monday, 27 January 2025

Solidariteit gee regering tien dae om Bela-wet te herroep

Die Solidariteit-beweging het president Cyril Ramaphosa en die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, in regsbriewe versoek om die promulgering van die Bela-wet te herroep.

Hulle beplan om die hof te nader indien die minister en die president nie die dispuut binne tien dae oplos nie.

Dit volg nadat die Vryheidsfront Plus gesê het die proklamasie is strydig met 'n aanbeveling van die RNE-geskilbeslegtigingsmeganisme.

Daar heers kommer in sekere geledere oor die voortbestaan van Afrikaanse skole onder die wetgewing.

You May Also Like