PRETORIA, GAUTENG - Die South African Gallery of Legends het ses nuwelinge in dié prestigeryke instelling verwelkom.
En hoewel hulle dalk die jongste toevoegings is tot die galery, is diegene wat vereer is almal veterane in hulle onderskeie velde – hetsy sport, kuns of kultuur.
Die galery is gestig om suksesvolle Suid-Afrikaanse individue en spanne te vereer, veral diegene wat die land op die wêreldverhoog verteenwoordig het.