Sersant verskyn in hof op aanklag van moord op 22-jarige meisie
Soweto, Gauteng - Die polisiesersant wat glo sy meisie doodgeskiet het, het vir die eerste keer in die hof verskyn.
Chesnay Keppler, 'n 22-jarige misdaadbestryder van Eldorado Park, is die dag na Kersfees vermoor.
Mandla Buthelezi het daarna die wapen op homself gerig en probeer om sy eie lewe te neem.