KAAPSTAD – 12 Oktober was Wêreld-Palliatiewe Sorg-dag en hier in Suid-Afrika is die fokus op die mediese ondersteuning van kinders by wie lewensgevaarlike siektes gediagnoseer is.
Deskundiges by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad finaliseer tans 'n nuwe raamwerk daarvoor.
Die hospitaal is 'n opleidingsentrum vir die Universiteit van Kaapstad se mediese fakulteit en ook die enigste hospitaal in sub-Sahara Afrika wat uitsluitlik op gesondheidsorg vir kinders fokus.