JOHANNESBURG, GAUTENG - Suid-Afrika se eie Tarzan is stadig maar seker besig om sy weg na Hollywood oop te swaai.
Die 35-jarige DeWet du Toit van George werk al meer as 'n dekade lank aan sy droom om dié wêreldbekende karakter op die silwerdoek te vertolk.
Maar voor hy Los Angeles verower, maak hy nou eers 'n draai op kykNET.