PRETORIA - Nie almal is ewe opgewonde oor die nuwe minister van elektrisiteit nie.
Terwyl Kgosientsho Ramokgopa se aanstelling deur partye soos die ANC en GOOD verwelkom is, het die EFF, DA en Vryheidsfront Plus hul teleurstelling oor die keuse uitgespreek.
Ramokgopa is 'n siviele ingenieur en was sedert 2019 hoof van die beleggings- en infrastruktuurkantoor in die presidensie.
Hy is ook 'n voormalige burgemeester van Tshwane, maar sy termyn hiér was in omstredenheid gehul.