VEREENIGING, GAUTENG - Rand Water het ingegryp om 'n jare lange probleem met rioollekkasies in die Emfuleni-munisipaliteit te probeer oplos.
Inwoners van Vereeniging sê dié lekkasies hou 'n bedreiging vir hul gesondheid in.
Hulle pak die skuld daarvoor op die munisipaliteit wat volgens hulle versuim om dienste te lewer.