HAMMANSKRAAL - Die dodetal weens die cholera-uitbreking in Suid-Afrika het 30 verbygesteek.
Dit is Donderdag tydens president Cyril Ramaphosa se besoek aan Hammanskraal, noord van Pretoria, bekend gemaak.
Die meeste sterftes is in dié gebied aangemeld.
Ramaphosa is eers by die Rooiwal-watersuiweringsaanleg rondgewys voor hy die gemeenskap toegespreek het.