Pta-skole weer tops in Gauteng
Die Vrystaat het die hoogste matriekslaagsyfer vir 2024, gevolg deur KwaZulu-Natal en Gauteng.
Die top drie skole in Gauteng is weereens almal van Pretoria - en almal Afrikaans.
Die Hoërskool Waterkloof is in die eerste plek, gevolg deur die Hoërskool Garsfontein en die Hoërskool Menlopark.
Die topskole en -leerlinge is Dinsdag by 'n geleentheid in Midrand vereer.