POTCHEFSTROOM - Wyle Hans du Plessis is Donderdag onthou as 'n Afrikaanse taalmens soos min met 'n humorsin sonder weerga.
Dié geliefde skrywer, digter, dosent en navorser is by 'n gedenkgeleentheid in Potchefstroom vereer.
Sy laaste roman "Klein Wonderwerk" is ook by die geleentheid bekendgestel.
Du Plessis is in Oktober verlede jaar aan natuurlike oorsake oorlede.