KAAPSTAD - Prinses Anne het haar tweedaagse besoek aan Kaapstad afgesluit met 'n besoek aan die Desmond en Leah Tutu-stigting.
Sy het ook besoek afgelê by die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag in Observatory, wat in 1820 te danke aan haar voorsaat, Koning George IV, opgerig kon word.
Maar die groot rede vir haar besoek was om die nuwe gedenkteken van die Statebondoorlogsgrafte-kommissie in die Kompanjiestuin te open.