Die land se ekonomiese hart, Johannesburg, het onder skerp kritiek van president Cyril Ramaphosa deurgeloop ná sy onlangse besoek aan die stad.
Hy het die vervalle infrastruktuur, swak dienslewering en gebrekkige munisipale bestuur uitgewys as ernstige probleme, veral met die oog op die G20-beraad wat later vanjaar in dié stad aangebied gaan word.
Intussen het die burgemeester, Dada Morero, ’n skoonmaakveldtog van stapel gestuur, maar baie vra of hierdie pogings werklik volhoubare verandering sal meebring.
Ons het met die politieke ontleder, prof. Dirk Kotzé, gesels om hierdie kwessies te ontleed en die breër impak op Johannesburg en Suid-Afrika te bespreek.