PRETORIA - 'n Vaste adres wink in die volgende paar jaar vir een van Suid-Afrika se private Afrikaanse universiteite.
Akademia se nuwe kampus-ontwikkelingsprojek is Donderdag in Pretoria bekendgestel.
Volgens die betrokkenes is dit die grootste ontwikkelingsprojek in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.
Die totale koste hiervoor beloop meer as R3-miljard.