DStv Channel 403 Saturday, 21 September 2024

Pensioenarisse verloor duisende weens vermeende krag-swendelaar

PORT SHEPSTONE - Die land se kragkrisis het nou ook 'n nismark vir swendelaars geskep.

Inwoners van die KwaZulu-Natalse suidkus waarsku ander oor 'n elektrisiën in dié gebied wat klaarblyklik veral pensioenarisse teiken.

Van hulle het dié man meer as R50 000 betaal nadat hy beweer het hy kan omskakelaarstelsels vir hulle installeer.

Hy het egter net 'n gedeelte van die werk gedoen voordat hy soos mis voor die son verdwyn het. 

Paid Content