PRETORIA, GAUTENG - Slegs 'n handjievol mense kon die afgelope paar dekades Paul Kruger se kantoor in Pretoria besigtig.
Maar voortaan kan dié historiese vergaderplek uit die tyd toe Kruger die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek was, deur enigiemand besoek word.
Die Tshwane-metroraad het onlangs besluit om die vertrek vir die publiek oop te stel as deel van 'n projek om toerisme in die Jakarandastad te bevorder.
Die Ou Raadsaal op Kerkplein, waar Kruger se kantoor gesetel was, is in 1892 in gebruik geneem.