DStv Channel 403 Thursday, 17 October 2024

Patoloog getuig oor oorsaak van Natasha Barnard se dood

FOCHVILLE - 'n Forensiese patoloog het Woensdag in die streekhof in Fochville getuig dat Natasha Barnard weens ernstige nekbeserings gesterf het.

Die 33-jarige Barnard is in die vroëe oggendure van 4 Maart 2022 dood ná 'n vermeende kroeggeveg by 'n kuierplek op die dorp.

Die kroegman Ruan Pretorius word van haar moord aangekla.

Hy is die enigste beskuldigde in die saak nadat die klagte teen vyf ander mense teruggetrek is.

Paid Content