Ouers laai bondeltjies vreugde af vir eerste dag van nuwe skooljaar
Kaapstad, Wes-Kaap - In die Wes-Kaap het sowat 107 000 gr. 1-leerlinge Woensdag by die grootskool begin.
Altesaam 1,2 miljoen leerlinge is tans by die provinsie se skole ingeskryf.
Premier Alan Winde en David Maynier, die LUR vir onderwys, was in Plumstead om Timour Hall Primary School se nuwe gr. R'e en gr. 1’s te verwelkom.