Oscar bly agter tralies

Die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius gaan minstens nog 16 maande lank in die tronk moet bly.

Die paroolraad het Vrydagmiddag sy paroolaansoek afgekeur.

Hulle het bevind dat hy nie vir parool in aanmerking kom nie omdat hy nog nie die vereiste minimum tydperk van sy vonnis uitgedien het nie.

Die departement van Korrektiewe Dienste kon egter nie verduidelik hoekom daar nie vroeër ag geslaan is op 'n skrywe van die Appèlhof hieroor nie.
Pistorius het sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in 2013 deur 'n badkamerdeur doodgeskiet in sy huis in Pretoria.

You May Also Like